Algemene Vrae

Wat is die doel van dié webwerf?

LBW-kalender is ’n aanlyn landboukalender wat gebruikers die geleentheid bied om landwye landbougeleenthede te besigtig en hul eie geleenthede te skep.

Wie mag hul geleenthede op hierdie webwerf adverteer?

Lede van die publiek, landbou-organisasies of -besighede kan hul geleenthede aanbied vir publikasie op die webwerf.

Hoe kan ek my geleentheid op hierdie webwerf adverteer?

Daar is twee opsies:

Jy kan ’n eenmalige geleentheid adverteer. Die geleentheid word so gou moontlik deur die LBW-span goedgekeur. As ons bykomende inligting rakende die geleentheid van jou verlang, sal ons jou kontak via kontakbesonderhede wat jy op die webwerf verskaf.

Indien jy gereeld geleenthede aanbied, kan jy registreer as ’n organiseerder. Jou profiel as organiseerder sal deur die LBW-span goedgekeur moet word. Jy sal dan al jou geleenthede op een plek kan sien en veranderinge kan aanbring. Meld aan by jou organiseerderprofiel deur te gaan na My profiel

Ek het my profiel se wagwoord vergeet. Wat moet ek doen?

Gaan na Meld aan / My profiel en klik op Jou wagwoord verloor. Volg die stappe en jy sal ’n skakel ontvang om jou wagwoord te herstel.

Hoe bespreek ek aanlyn om ’n geleentheid by te woon?

Betalings of RSVP’s vir geleenthede word nie op die webwerf verwerk nie. Besoek die webwerfskakel wat by geleenthede ingesluit is. Die bevestiging van besprekings word deur die organiseerder self gedoen. Enige navrae oor geleenthede moet regstreeks aan die organiseerders gerig word, soos die gebruik van afslagkaartjies, terugbetaling van kaartjies, ontvangs of afhaal van kaartjies, parkeerinligting, ens.

Ek is ’n adverteerder en wil my advertensie op hierdie webwerf plaas. Hoe doen ek dit?

Stuur ’n e-pos aan to Berdine Gericke.

Ek wil besonderhede van my geleentheid wysig of herroep. Wat moet ek doen?

Stuur ’n e-pos aan Arnel Mostert.

My vraag is nie beantwoord nie. Wat moet ek doen?

Ons verwelkom enige terugvoering op hierdie webwerf. Indien iets nie werk nie, verbeter moet word of indien jy onseker is oor enigiets op die webwerf, stuur ’n e-pos na Arnel Mostert.