Bepalings & Voorwaardes

GEBRUIKSVOORWAARDES: MEDIA24 DIGITALE KOERANTE
Click here for the terms and conditions in English
KONTAKBESONDERHEDE VAN DIE DIENSSENTRUM
Jy kan die Netwerk24-dienssentrum kontak vir enige navrae of om jou intekening te
verander/beëindig. Stuur ‘n e-pos aan diens@netwerk24.com of skakel 087 353
1300 (plaaslik) of 27 21 285 0988 (oorsee).
Kantoorure is tussen Maandag tot Vrydag van 08:00 tot 17:00 en Saterdag van 08:00
tot 11:00.
1 Inleiding en aanvaarding
1.1 Netwerk24, ‘n afdeling van Media24 Eiendoms Beperk (Registrasienommer:
1950/038385/07) (“ons”, “Netwerk24”) verskaf die inligting wat op en via hierdie
webwerf en Netwerk24 se selfoon- en tablettoepassings vervat is (gesamentlik “die
Dienskanale”) en adverteer en verkoop hierdie diens aan jou onderhewig aan die
bepalings en voorwaardes wat hierin uiteengesit word en waarna hierin verwys kan
word (“die Voorwaardes”), tensy anders vermeld. Vir die doeleindes van hierdie
Voorwaardes beteken “Diens” toegang via die Dienskanale tot alle aanlyn inligting,
e-poskorrespondensie, selfoonkorrespondensie, elektroniese koerante en alle
inhoud daarin, insluitend advertensies, foto’s, beeldmateriaal, artikels (“die
Publikasies”).
1.2 Die Voorwaardes spesifiseer hoe jy die Dienskanale en die Diens kan gebruik,
toegang daartoe kan verkry, daarna kan verwys of dit kan bekyk (gesamentlik
“gebruik”).
1.3 Ons kan op enige tydstip die Voorwaardes wysig (“die Gewysigde
Voorwaardes”) en die Gewysigde Voorwaardes sal via die Dienskanale beskikbaar
gestel word.
1.4 Elke keer wanneer jy die Diens gebruik, stem jy in om gebind te word deur die
Voorwaardes en/of die Gewysigde Voorwaardes, na gelang van die geval.
2 Ons sal jou persoonlike inligting privaat hou
Ons sal enige persoonlike inligting wat ons ontvang wanneer jy die Diens gebruik,
beskerm en slegs gebruik soos in ons Privaatheidsbeleid uiteengesit word.
3 Jy moet registreer om die Diens te gebruik
3.1 Ons adverteer die Diens as ‘n uitnodiging aan jou om te registreer om die Diens te
gebruik. Om die registrasieproses te begin, moet jy jou naam, van, e-posadres,
kontaknommer, geboortedatum, geslag en ‘n wagwoord (“Registrasie-inligting”) op

 

3.3 Wanneer jy registreer om die Diens te gebruik, word jou relevante
kontakbesonderhede outomaties aangebring op ons selfoonboodskap- (SMS) en eposkorrespondensielys
vir ons redaksionele nuusbriewe. Jy kan ter enige tyd jou
besonderhede van hierdie lyste verwyder ten einde geen verdere korrespondensie
via hierdie kanale te ontvang nie. Hierdie keuse kan op Netwerk24 onder jou
rekeninginligting uitgeoefen word, of via skakels of dergelike stappe wat in ons
korrespondensie aangedui word.
3.4 Indien jy reeds ‘n intekenaar op die gedrukte weergawe van enige van die
koerante is, hoef jy nie die intekenvorm aanlyn in te vul nie. Jy hoef net jou
intekenaarnommer (BP-kode) vir die gedrukte uitgawe in te tik onder “Ek is reeds ’n
koerantintekenaar” op https://secure.netwerk24.com/Subskripsie
4 Gratis gebruik, gelde en betaling
4.1 Jy is op ’n gratis proeftydperk van 30 dae (“gratis proeftydperk”) geregtig. Aan
die einde van die gratis proeftydperk kan jy kies om teen ‘n maandelikse tarief
(“Intekengeld”) steeds die Diens te gebruik. Indien jy nie die Intekengeld betaal nie,
sal jy nie verdere toegang tot die Diens via ons Dienskanale hê nie.
4.2 Indien jy met ’n kredietkaart betaal moet die Intekengeld elke maand op
dieselfde dag betaal – dit sal die begin van jou intekentydperk aandui. Intekengeld
sal maandeliks outomaties van jou rekening verhaal word.
4.3 As ons nie binne sewe dae daarna jou betaling ontvang nie, sal ons jou toegang
tot die Diens opskort. Indien jou betaling ons teen die veertiende dag van die
intekentydperk nog nie bereik het nie, sal ons jou gebruik van die Diens beëindig.
4.4 Ons kan die Intekengeld verander, maar sal jou altyd in kennis stel voordat ons dit
doen. Indien jy nie die aangepaste Intekengeld aanvaar nie, kan jy jou intekening op
die Diens beëindig deur ons skriftelik hiervan in kennis te stel. Jou intekening op die
Diens sal ten einde loop aan die einde van die kalendermaand waarin jy ons kennis
gegee het.
4.5 Jy kan per kredietkaart, met ’n debietorder of deur jou Vodacom-selfoonkontrak
betaal. Alle ander betaalmetodes sal aan jou gekommunikeer word sodra hulle
beskikbaar word.
5 Gebruik jou Aanmeldbesonderhede om toegang
tot die Diens te verkry
5.1 Elke keer wanneer jy toegang tot die Diens wil verkry, moet jy aanmeld met die eposadres
en wagwoord (“Aanmeldbesonderhede”) wat as deel van jou Registrasieinligting
aan jou verskaf is.
5.2 Bewaar jou Aanmeldbesonderhede op ‘n veilige plek om ongemagtigde
toegang tot die Diens te verhoed. As jy vermoed dat daar ongemagtigde toegang
verkry is of kon gewees het deur jou Aanmeldbesonderhede te gebruik, moet jy:
5.2.1 jou Aanmeldbesonderhede verander, of
5.2.2 vir ons e-pos by diens@netwerk24.com
5.3 Wanneer jy ons per e-pos opdrag gee om toegang te blokkeer, sal ons dit
onmiddellik doen en jou laat weet of ons werklike of vermoedelike ongemagtigde
toegang opspoor.
6 Inhoud wat jy verskaf
6.1 Alle inligting wat jy stuur, moet waar, akkuraat, aktueel en volledig wees. Jy mag
nie ‘n wanvoorstelling van jou identiteit gee nie. Al hierdie inligting moet bygewerk
en akkuraat wees.
6.2 Jy waarborg voorts dat jy gemagtig is om sodanige inhoud aan ons te verskaf.
6.3 Verwys na die Privaatheidsbeleid van Media24 om te sien hoe ons met jou
persoonlike inligting omgaan.

 

8 Beskerming van die integriteit van die
Dienskanale
8.1 Jy mag nie:
8.1.1 enige robot, snuffelprogram, skraper, diep skakel of ander soortgelyke
geoutomatiseerde dataversamelings- of onttrekkingshulpmiddel, program,
algoritme of metodologie gebruik om sonder ons uitdruklike skriftelike toestemming
toegang tot die Dienskanale of enige van die Publikasies te kry of dit te verkry, te
kopieer of te monitor nie;
8.1.2 enige enjin, sagteware, nutsprogram, agent of ander toestel of meganisme
(insluitend, sonder beperking, blaaiers, snuffelprogramme, robotte, avatars of
intelligente agente) gebruik of probeer gebruik om die Dienskanale te navigeer of
deur te soek nie, behalwe die soekenjins en soekagente wat deur die Dienskanale
beskikbaar is en algemeen beskikbare derdeparty-webblaaiers;
8.1.3 enige lêer wat virusse, wurms, ‘n Trojaanse perd of ander kontaminerende of
destruktiewe kenmerke bevat, of wat andersins met die behoorlike werking van die
Dienskanale inmeng, plaas of stuur nie;
8.1.4 probeer om die sagteware waaruit die Dienskanale bestaan of wat op enige
wyse deel daarvan uitmaak, te ontsyfer, dekompileer, ontrafel of terugwaarts te
ontwerp nie;
8.1.5 enige van die Publikasies vir jou eie sakedoeleindes herversprei of andersins
gebruik nie, tensy jy uitdruklik skriftelik deur ons gelisensieer is om dit te doen;
8.1.6 die Dienskanale en/of die Publikasies gebruik op ‘n wyse wat ons, ons
besigheid en/of enige van ons geaffilieerdes ‘n slegte naam sal gee nie;
8.1.7 vir onwettige doeleindes toegang tot die Dienskanale kry of dit gebruik op ‘n
wyse wat ons regte of die regte van enige ander persoon skend of die gebruik of
genot van ons rekenaarstelsels deur ‘n ander persoon beperk of verhinder nie;
8.1.8 materiaal op die Dienskanale plaas of daarheen stuur wat onwettig is of ‘n
derde party se regte skend, of obseen, misleidend, onjuis, lasterlik, onwettig of
strydig met kopiereg of ander intellektuele eiendomsreg is, of skadelik vir data,
sagteware of die werkverrigting van ons of enige ander partye se rekenaarstelsel is
nie.
8.2 Ons kan op enige tydstip sonder kennisgewing materiaal wat jy via die
Dienskanale gestuur het, skrap en/of jou gebruik van enige deel van die Diens
opskort.
9 Gedrukte publikasies
9.1 Wanneer ‘n Publikasie of deel van ‘n Publikasie gedruk word, moet die volgende
kennisgewing op elke gedrukte bladsy verskyn:”Kopiereg Netwerk24, ‘n afdeling
van Media24 Eiendoms Beperk. Alle regte voorbehou.”
9.2 Jy mag slegs vir nie-kommersiële doeleindes Publikasies of enige deel van ‘n
Publikasie op die Dienskanale gebruik, aflaai of kopieer, maar slegs as jy –
9.2.1 alle kennisgewings oor kopiereg, handelsmerk en ander intellektuele eiendom
daarin behou;
9.2.2 ons as die bron van sodanige inhoud erken;
9.2.3 skrywers, joernaliste, fotograwe en ander persone erken soos hulle op die
Dienskanaal erken word; en
9.2.4 die datum meld waarop sodanige inhoud vanaf die Dienskanaal verkry is.
* Sien ook bepalings en voorwaardes vir E-publikasies.
10 Beëindiging van jou intekening op die Diens