
- Hierdie geleentheid is al verby
AFMA-simposium
17 Oktober 2021 - 19 Oktober 2021

Die Vereniging van Veevoervervaardigers (AFMA) in Suid-Afrika se jaarlikse simposium vind vanjaar virtueel plaas op 18 en 19 Oktober. Die program sluit internasionale en plaaslike sprekers in.
Onderwerpe wat bespreek gaan word is opgedeel in die volgende sessies:
Die toekoms van landbou;
Outomatisering en digitalisering;
Volhoubare diereproduksie;
Dierlike mikrobiome;
Lae ru-proteïen diëte; en
Antibiotika in diereproduksie.
Die volledige program is beskikbaar by www.afmasymposium.co.za.