Suid-Afrika se avokadobedryf maak gereed vir een van dié belangrikste boeredae op sy kalender wanneer die Allesbeste-simposium op 7-8 Augustus by die Merensky-landbou-akademie in Tzaneen plaasvind. Kenners van regoor die wêreld en uit die hele waardeketting van die bedryf kom deel hul kennis met boere. Dit sluit ook plaasbesoeke in om meer te leer oor die proewe wat geplant word. Die Allesbeste-simposium is toegewyd aan die avokadobedryf, maar is van toepassing op enige vrugteboerdery en vir alle rolspelers in die landbou.
Die eerste 100 mense wat hul kaartjies koop deur op hierdie skakel te klik kwalifiseer vir 5%-afslag en ’n gratis intekening van drie maande op Landbou.com: https://tinyurl.com/4zw3d58u
Geen toegang sonder bevestigde registrasie.