

Angus-fotoskou
09
Junie
2020
-
19
Junie
2020
Die Angusgenootskap het besluit om ‘n fotoskou vir ons telers aan te bied, siende dat al die skoue regoor Suid-Afrika gekanselleer is as gevolg van Covid-19. Ons wil elke stoetteler uitnooi om deel te wees van die geleentheid. Diere hoef nie haltermak te wees nie en foto’s kan in die veld geneem word. Alle ouderdomme is welkom. Volg Angus South Africa op Facebook om al die inskrywings dop te hou.
Inskrywings en reëls:
1. E-pos twee foto’s van goeie kwaliteit.
2. Foto van die sykant van die dier.
3. Foto van die dier se kop met oorplaaitjie sigbaar.
Stuur asb inskrywings na: ddames@angus.org.za.
Vir enige navrae kontak Danie Dames: 0823069358