
- Hierdie geleentheid is al verby
Beesplaasveiling
15 Augustus 2024

Hierdie bees- en wildplaas is goed geleë in die eksklusiewe en veilige Peninsula on the Vaal-landgoed en word omring deur die Vaaldam (geslote woongebied) wat toeganklik is deur 2 bemande hekke binne ‘n sekuriteitsbeheerde omgewing.
Hierdie landbou-eiendom bied ‘n uitstekende geleentheid as bees-, vee- en wildplaas. Die plaas, wat 312,505 hektaar uitgestrekte landskappe insluit, beloof afsondering en oorvloedige weidingsgeleenthede.
Die plaas het ‘n mate van veehanteringsinfrastruktuur, met die potensiaal vir uitbreiding om ‘n voerkraal en verwerkingsaanleg by te voeg vir die moontlikheid van ‘n kommersiële plaas.
10 ten volle toegespande kampe (2,4 m-/21-draad-heining), ‘n oorvloed waterbronne, 11 ha-wildkamp en 70 ha bewerkbare grond beskikbaar vir aanplanting.
Die plaas beskik oor waterregte van die departement van water en sanitasie.