Previous
Next

Laai Geleenthedee

Betereinders-hulpdag

06 April 2022

Daar is min dinge wat Suid-Afrikaners meer polariseer as kwessies rondom grondhervorming en vervalle infrastruktuur. Dit is geweldige emosionele onderwerpe en word deur opportuniste aan albei kante van die politieke spektrum uitgebuit. Betereinders en Laeveld Agrochem is moeg vir hierdie vinger-wys en die sleg-sê redenasies wat in die land heers. Ons wil graag ‘n ander storie vertel. Een van samewerking in die landbousektor. ‘n Storie waar verskillende rasse saamkom en eienaarskap vat van hul dorpe en self die slaggate regmaak. In plaas daarvan dat hierdie kwessies ons verdeel, wil ons wys hoe dit ons kan verenig wanneer ons saam oplossings soek. Op 6 April doen ons juis dit in Marble Hall, Limpopo. Ons gaan saam slaggate regmaak, opleiding aan opkomende boere gee en natuurlik gaan ons saam braai. Kom wees deel en begin saam ‘n nuwe storie vir Suid-Afrika skryf.

Deel die geleentheid

  • Hierdie geleentheid is al verby

Besonderhede

Datum:
6 April
Tyd:
10:00 - 17:00
Kategorie:
Geleentheid Tags:

Plek

Marble Hall
Sokkerveld oorkant Obaro, 506 Industria Staat
Marble Hall,
+ Google Map
Telefoon:
082 491 2463

Organiseerder

Laeveld Agrochem
Telefoon:
082 491 2463