Previous
Next

Laai Geleenthedee

Biosolutions-handelskou en konferensie

14 Julie 2020 - 16 Julie 2020

Agri Business Global™ troef hierdie moeilike tye weens die Covid-19-pandemie met BioSolutions Africa Virtual, ’n aanlyn konferensie wat van 14-16 Julie aangebied word. In 2017 het kaartjies vir dié konferensie uitverkoop. BioSolutions Africa Virtual 2020 bied ’n oplossing-gebaseerde benadering tot plaagbestryding en plantgesondheid aan die hele waardeketting.

BioSolutions Africa Virtual bied ’n platform vir die bou van verhoudings wat verder strek as die datums van die aanlyn geleentheid. Die propvol program is toegespits op die integrasie van biologiese produkte met tradisionele insette, uitstallings, geleenthede vir belanghebbendes om betrokke te raak, en dinamiese rondetafelbesprekings.

“Tydens BioSolutions Africa Virtual gaan kundige aanbiedings van wêreldwye denkleiers gehoor kan word. Ons is opgewonde oor die verwydering van fisieke hindernisse sodat ons ’n nóg groter gemeenskap kan bereik,” sê mnr. David Frabotta, redakteur van AgriBusiness Global™ en programhoof van die geleentheid.

“Ons het die program ontwerp om meer interaktief te wees sodat ons werklike oplossings vir hedendaagse agronomiese probleme kan verken. Daarom is die model van verskeie belanghebbendes so suksesvol. Produsente, verspreiders, agente en boere kan ’n gesprek voer oor die werklike probleme waarmee hulle te kampe het sodat praktiese oplossings in werking gestel kan word,” sê Frabotta.

Die nuutste produkte en oplossings sal in die BioSolutions Africa Virtual-uitstallingsaal ten toon gestel word. “Ons vennootskap met die Suid-Afrikaanse Bioprodukteorganisasie, met die ondersteuning van CropLife Suid-Afrika, weerspieël die eenwording van tradisionele en biologiese sektore. Nou, meer as ooit tevore, moet ons by mekaar aansluit om drastiese veranderinge te bewerkstellig en oplossings te vind om die wêreld se voedsel, voer, vesel en brandstof te produseer,” sê Frabotta.

Deel die geleentheid

  • Hierdie geleentheid is al verby

Besonderhede

Begin:
14 Julie 2020
Einde:
16 Julie 2020
Kategorie:
Webwerf:
https://www.biosolutionsafrica.com/