Laai Geleenthedee

BLWK se Jack Human-bewaringslandbouweek

04 Augustus 2020

Die inperking om die verspreiding van die koronavirus te beperk, keer nie die bewaringslandbougemeenskap om vanjaar weer ‘n konferensie te hou nie. Die jaarlikse Bewaringslandbou Wes-Kaap (BLWK) Jack Human bewaringslandbouweek vind van 4 Augustus af op jou rekenaar plaas. Lesings sal vooraf opgeneem word en as jy ‘n kaartjie op Quicket koop, het jy vir sewe dae toegang tot die lesings.
Die lesings word in ses sessies verdeel en handel oor koolstof en stikstof, ‘n praktiese bespreking oor stikstofbestuur, lesings oor kanolasiektes, grondbiologie, die finansiёle implikasies van bewaringsboerdery en dekgewasse in boorde en as weiding. Klik hier om die program af te laai en hier om jou kaartjie te koop.

Deel die geleentheid