Laai Geleenthedee

Boeredag: Nasionale beesboer van die Jaar

16 April 2020

Woon die boeredag by saam met die Nasionale Beesboer van die Jaar, mnr. Tian Kruger, by Raasblaar Lodge, Marble Hall.

Program:
9:00 Registrasie met koffie en koekies.
10:00 Opening met skriflesing en gebed.
10:10 Verwelkoming en inleiding: Kenneth Crampton, Nasionale Verkoopsbestuurder, Voermol.
10:15 Volhoubare rooivleisproduksie in die volgende dekade. Dawie Maree, Hoof: Inligting en Bemarking, FNB Landbou.
10:45 Digitalisering van die Lewendehawe Waardeketting. Gert Jordaan, Nasionale Bestuurder: Digitale Veilings en Naspeurbaarheid, BKB.
11:15 Verversings
11:30 Biosekuriteit: Kliniese voeding. Dr Josef van Wyngaard, Tegniese Bestuurder, Voermol.
12:00 Die rol van farmaseutiese firmas in Landbou. Dr. Schabort Froneman, Zoetis.
12:30 Tian Kruger, Beesboer van die Jaar, bespreek verskeie bestuursaspekte van beesboerdery soos hulpbronbenutting, veldbestuur en ander ruvoerbronne, lekprogram, teeldoelwitte, seleksiemaatstawwe, bestuur tydens dek- en kalftyd en bemarking.
13:15 Bedankings. Mark Barlow, Verkoopsbestuurder, Voermol.
13:20 Besigtiging van beeste en uitstallings.
14:00 Middagete.

Kontak organiseerders teen 8 April om bywoning te bevestig.

Deel die geleentheid

  • Hierdie geleentheid is al verby

Besonderhede

Datum:
16 April
Kategorie:

Plek

Raasblaar Lodge, Marble Hall