Combined Congress
19 Januarie - 24 Januarie
Die Combined Congress is ‘n jaarlikse kongres van drie wetenskaplike verenigings, insluitend Grondwetenskapvereniging van Suid-Afrika (SSSSA), Suider-Afrikaanse Vereniging vir Tuinbouwetenskappe (SASHS) en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Gewasproduksie (SASCP). Die Southern African Weed Science Society (SAWSS) wat ook deel was van hierdie samewerking, word nou deur SASCP verteenwoordig. Onkruidwetenskaponderwerpe word dus steeds by die kongres ingesluit. Hierdie verenigings span kragte saam om hulpbronne te optimaliseer en samewerking tussen lede te bevorder. Die kongres vind gewoonlik die derde week van Januarie elke jaar plaas, en die ligging word regoor die land geroteer. Hierdie drie verenigings word verder verteenwoordig en wetenskaplik ondersteun deur die plaaslike joernaal, South African Journal of Plant and Soil (SAJPS), wat oorspronklike artikels en kommentaar oor navorsing op die gebied van fundamentele en toegepaste grond- en plantwetenskap publiseer.