
- Hierdie geleentheid is al verby
Sitrusnavorsingsimposium
20 Augustus 2022 - 24 Augustus 2022

Die 11de sitrusnavorsingsimposium word gehou by die Champagne Sports Resort in die Drakensberge vanaf Sondag, 21 Augustus 2022 tot Woensdagaand, 24 Augustus 2022. Champagne Sports Resort (CSR) is geleë in die rustigheid van die sentrale Drakensberge, met ‘n skouspelagtigste uitsig oor Champagne Castle en Cathkin Peak. Dié wegkruipplek se unieke kombinasie van gerieflike ligging, buiteklub-atmosfeer, luukse verblyf en vriendelike personeel maak dit die ideale plek vir CSR se sitrusnavorsingsimposium. Op die simposium sal terugvoer gegee word oor sitrusnavorsing wat gedurende die vorige twee jaar vir die Suider-Afrikaanse sitrusbedryf gedoen is.
Hierdie navorsing is gedoen deur navorsers van CRI (Citrus Research International), verskeie universiteite, die LNR en navorsers in die privaat sektor. Die simposium sal deur ‘n wye spektrum rolspelers in die sitrusbedryf bygewoon word, insluitend: sitrusprodusente en hul tegniese personeel; sitruskonsultante (SASCCON); sitrusuitvoerders; die sitruskwekerybedryf (SACNA); die sitrusverbeteringskema (CIS); lede van die CRI Postharvest Technical Forum (wat sitruspakhuise, die Exporters Technical Panel, die Cooling Working Group en die papier- en kartonvervaardigingsmaatskappye insluit); PPECB; logistieke diensverskaffers; die chemiese bedryf en afgevaardigdes van ander verwante bedrywe soos die verskaffers van spuit-, bemesting- en besproeiingstoerusting.
Hierdie simposium sal spog met internasionale gassprekers as hoofsprekers. WINFIELD UNITED is die hoofborg. Ander geborgde geleenthede sluit in die LAEVELD AGROCHEM-gholfdag, die UPL-verwelkomingskemerkelkie en aandete, die RIVER BIOSCIENCE/XSIT-skemerkelkuur, die MBFI-geborgde aandete op die Dinsdagaand en die SAPPI-galadinee en King Price Insurance-vermaakaand.