

Digitale droogtehersteldag
29
September
2020
Die droogte duur voort, maar daar is hulp.
Woon Landbouweekblad en die Trust vir Bedreigde Natuurlewe se aanlyn droogtehersteldag by en leer van kenners hoe om geestelik sterk te bly deur die swaarkry, en vee en veld te bestuur tot die reёn weer kom.
Hélène Smit, ’n berader, gaan raad gee oor hoe om nie moed te verloor nie. Bonnie Schumann van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe gaan oor volhoubare grondbestuur praat en Giepie Calldo van Rfid/BKB gaan raad gee oor hoe om jou kudde suksesvol te bestuur. Sluit die dag af saam met Louis du Pisani, ’n weidingskonsultant, se gesprek oor veldherstel en -bestuur. Daar sal geleentheid wees vir vrae aan die sprekers.