

Durbanville-plaasfees
14
Maart
2020
Dit is die een fees waar die groter gemeenskap byeenkom en ‘n lekker plaas atmosfeer kan geniet. Daar is stalletjies, kindervermaak, baie te ete en drinke, musiek en natuurlik plaasdiere.
Hunker jy met nostalgie terug na die dae toe jy op strooibale gesit, koeie geruik en die skape hoor blêr het? Dan is dit die fees vir jou. Net ‘n hanetreetjie buite die stad kan jy soos ‘n befaamde fynproewer pannekoek, poeding en potjiekos proe en by die stalletjies enigiets van juwele, konfyt en nog baie meer koop.
Ons is nou besig om voor te berei vir die 2020 fees wat D.V. op 14 Maart 2020 te Meerendal Wynlandgoed plaasvind.