Previous
Next

Laai Geleenthedee

GWK Veewinkel bekendgestel vir veeveilings

23 Junie 2020 - 23 Julie 2020

GWK Veewinkel: Bekende, betroubare aanlynplatform bekendgestel vir veeveilings

‘n Samewerkingsooreenkoms tussen GWK Veilings en Wildswinkel, wat dié twee besighede se omvattende kennis van veilings kombineer, het dit moontlik gemaak om nou ‘n nuwe aanlynplatform vir veeveilings bekend te stel – een wat beloof om die bedryf op sy kop te keer, op ‘n baie goeie manier. In ‘n wêreld waar kostebesparing toenemend belangrik word vir ‘n bedryf wat op die oomblik ook unieke uitdagings weens die Koronavirus in die gesig staar, is oplossings nodig om makliker en meer koste-effektief voort te gaan om ‘n diens aan veeprodusente te lewer.

Die GWK Veewinkel-toep is die oplossing hiervoor– ‘n platform wat virtuele, aanlyn-veeveilings lewendig kan aanbied. Die toep bied twee soorte platforms. Die Stilveiling stel produsente in staat om diere vanaf hul plase te verkoop sonder om ooit die diere na veilingsfasiliteite te vervoer. ‘n Koper kan dus direk by ‘n verkoper koop, wat die middelman uitsny. Die Lewendige-Aanlynveiling word gebruik tydens lewendige veilings om ‘n platform te skep waarop kopers wat nié die veiling kan bywoon nie, steeds daaraan kan deelneem in die gemak van hul eie huise. Op hierdie platform kan daardie kopers bie teen kopers wat die veiling bywoon.

Wanneer jy GWK se jare lange ondervinding in die veebedryf kombineer met Wildswinkel se bewese rekord in die wildbedryf, is jy gewaarborg om ‘n waardevolle, unieke produk te kry.

Deel die geleentheid

  • Hierdie geleentheid is al verby

Besonderhede

Begin:
23 Junie 2020 @ 08:00
Einde:
23 Julie 2020 @ 17:00
Kategorie:
Webwerf:
https://gwkveewinkel.co.za/