
- Hierdie geleentheid is al verby
MPO-Melkfees
6 Oktober 2023 - 8 Oktober 2023

Die MPO Melkfees is verlede jaar vir die eerste keer deur MPO Oos-Kaap in Jeffreysbaai aangebied en sal vanjaar in Oktober weer plaasvind. Die projek is begin met die doel om bewustheid te skep die suiwelbedryf met gemeenskapsbetrokkenheid en verbruikersonderrig as die primêre dryfkrag.Op 7 en 8 Oktober 2023 sal die terrein van die Gamtoos Ferry Hotel wemel van suiwelliefhebbers, waar die bedryf op ‘n prettige manier ten toon gestel en gevier sal word. Die feesprogram is propvol vermaak vir oud en jonk, met alles van stalletjies, kaas- en jogurtkursusse, ’n pretloop, ’n meganiese branderplank, reuse-glybaan, springkastele, verskeie demonstrasies, bootritte op die rivier en musiekvertonings deur Adam, Jakkie Louw, Adam Tas en Eloff. Toegangsgeld sluit alle kindervermaak, demonstrasies en musiekvertonings in. Kaartjies vir die geleentheid is beskikbaar by Quicket en sal ook by die hek verkoop word. Vir meer inligting aangaande die program kan Anri gekontak word op 064 934 3951.