

MPO-webinaar oor die sintuiglike evaluasie van kaas
24
Junie
2020
‘n Webinaar aangebied deur Kobus Mulder, bekende Suid-Afrikaanse en internasionale kaasbeoordelaar. Die volgende onderwerpe sal bespreek word:
- ‘n Bekendstelling van kaas en die doel en waarde van die singtuiglike analise van kaas.
- Bespreking van melk, suiwelverwerking en die volle sintuiglike evaluasieproses.
- Praktiese evaluasie deur deelnemers van onder meer mozarella, camembert, bried, cheddar, pecorino, gruyere en blou kaas.
Deelnemers moet verseker dat hulle die kase beskikbaar het.Koste: R115 per deelnemer. Die webinaar is vir alle liefhebbers van kaas. Ons bring die kennis, julle bring die kaas!
Navrae: julie@mpo.co.za