Previous
Next

Laai Geleenthedee

Nampo Virtueel 2020

09 September 2020 - 12 September 2020

Nampo-oesdag, wat die landbougemeenskap reeds bykans ses dekades byeen bring is ongelukkig vir die eerste keer deur Graan SA gekanselleer.

Dit beteken egter nie dat boere die beste wat landbou het om te bied sal misloop nie. Die 2020 Nampo-oesdag, wat die 54ste weergawe van dié ikoniese landbouskou is, gaan aan…lyn!

Van 9 tot 12 September gaan die virtuele Nampo nuut, opwindend en innoverend wees, en boere, verskaffers en kollegas steeds verbind met hul gunsteling uitstallers en ‘n magdom aanlyn-inhoud van regdeur die bedryf en die hele wêreld.

Daarbenewens gaan die Nampo-platform ook beskikbaar wees vir verlengde ure van 09:00 tot 19:00 op weeksdae en die Saterdag van 09:00 tot 14:00. Besoekers sal kan inteken met ‘n slimfoon, tablet of rekenaar met ‘n internetverbinding.

Te danke aan innoverende tegnologie sal daar die geleentheid wees vir onderhoude, konferensies, digitale stalletjies en nog vele meer.

Vir meer inligting besoek www.nampovirtueel.co.za.

Deel die geleentheid

  • Hierdie geleentheid is al verby

Besonderhede

Begin:
9 September 2020
Einde:
12 September 2020
Kategorie:
Webwerf:
https://nampovirtueel.co.za/