Previous slide
Next slide

Laai Geleenthedee

Overberg-streeksjeugskou

13 September 2022 - 17 September 2022

NAMPO Kaap nooi graag leerders om aan die Overberg Streeksjeugskou deel te neem op Saterdag 17 September op Bredasdorp Park in Bredasdorp. Registrasie is van 08:00 – 10:00, by die BKB Veeafdeling, Hek C. Die beoordeling van die verskillende klasse vind plaas van 10:30 – 14:00 in die BKB Veeafdeling, met die perde-afdeling net langsaan in die Arena.
Die nege klasse waarin daar tydens NAMPO Kaap deelgeneem kan word, is: Suiwelbees, vleisbees, vleisskaap, wolskaap, veselbok, melkbok, vleisbok, pluimvee en perde. Seuns en meisies tot 17 jaar neem deel in drie ouderdomsgroepe: junior-junior (5 tot 9 jaar), junior (10 tot 13 jaar) en senior (14 tot 17 jaar).

Toegangskaartjies is aanlyn beskikbaar by www.ticketpros.co.za. Pryse is R80 vir volwassenes en R40 vir skoolgaande kinders. Voorskoolse kinders kom gratis in. Die ekspo duur van Woensdag, 14 tot Vrydag, 17 September van 08:00 tot 17:00 en Saterdag, 17 September van 08:00 – 14:00. Besoekers kan gerus die Kaap Agulhas Toerismekantoor by 028 424 2584 / 082 896 2225 kontak of besoek www.overberg-info.co.za vir verblyf.

Deel die geleentheid

  • Hierdie geleentheid is al verby

Besonderhede

Begin:
13 September 2022
Einde:
17 September 2022
Kategorie: