Laai Geleenthedee

Koop dié spogplase per tender

26 Augustus 2020

Sasol verkoop sekere van sy eiendomme geleë in die Lephalale-distrik naby Steenbokpan. Die drie landbou-eiendomme, nagenoeg 3 163 ha, grens aan mekaar.

Dansfontein en Rooiboklaagte moet as ‘n eenheid gekoop word. Geelbult kan as ‘n eenheid óf saam met Dansfontein en Rooiboklaagte gekoop word.

Geelbult: 1 002,9033 ha (S23°41’34.88″/O27°06’45.50″)

Die eiendom bestaan uit die volgende:

Wildwerende heining op al vier grense. Die eiendom is onderverdeel in agt omheinde kampe. (Die heinings is nie nuut nie, maar steeds doeltreffend.) Waterinfrastruktuur: Twee boorgate, toegerus met dompelpompe, wat water aan drie sementdamme verskaf. Die damme verskaf water aan al die kampe, ’n kraal en ’n werkershuis.

Rooiboklaagte: 1 102,7978 ha (S23°44’02.17″/O27°08’11.70″)

Die eiendom het drie boorgate, ’n dompelpomp (langs die huis), ’n kraal, ’n ou asbeshuis, ’n instapkoelkamer, drie ou bewerkte lande van sowat 75 ha, ’n ou rondawel en een groot skuur. Die plaas is verdeel in vier kampe (een kamp beslaan sowat 50% van die plaas). Bogenoemde is steeds in goeie toestand.

Dansfontein: 1 057, 9869 ha (S23º42’50.77″/O27º07’15.08″)

Die eiendom het ’n wildwerende heining aan drie kante van die plaas, een kamp, drie boorgate en ’n sonpomp.

As gevolg van die huidige inperkingmaatreëls, kan besigtiging direk met Marius Pienaar gereël word. Kontak Pienaar voor 20 Augustus by 066 291 8044 om ‘n afspraak te reël om die plaas te besigtig. Die eiendom word op tender aangebied. Klik hier om die tenderdokument af te laai.

Dokumentasie kan gestuur word na Posbus 699, Trichardt, 2300 of per hand/kourier afgelewer by die Uno-gebou, Paul Kruger-straat, Trichardt. Die sluitingsdatum vir die indiening van tenderdokumente is 4 September 2020.

Kontak Marius Pienaar by Sasol Mining Rights & Properties, sel 066 291 8044 of e-pos Marius.Pienaar@sasol.com vir nog inligting.

Deel die geleentheid

918343
DD
dae
HH
ure
MM
min
SS
sek

Besonderhede

Datum:
26 Augustus
Kategorie:

Plek

Lephalale

Organiseerder

Sasol Suid-Afrika