Maandag 29 Augustus tot 31 Augustus vanaf 08:00 vind die Stampriet Skou en Veilingskeuring van die volgende rasse plaas:
Boerbok & Kalahari Red (Abraham Burger, Hein Booysen, Christie van der Merwe)
Dorper en Wit Dorper (Willemse Visser, Matie le Roux, Colene Grevelink)
Meatmaster (Jean du Plessis, Rian Liebenberg, Chris Potgieter)
Maandagmiddag 29 Augustus om 14:00 bied Jean du Plessis ‘n Meatmaster praktiese demonstrasie aan.
Dinsdag 30 Augustus om 12:00 spreek dr. Louis du Pisani die boere toe oor die pilare en fondasie van Veeboerdery.
Woensdag 31 Augustus vind die Kampieon van Kampioene 2022 plaas en die aand word afgesluit met ‘n dinee en mnr. Piet Gouws, die President van die Namibiese Landbou Unie, lewer ‘n praatjie oor boerdery in Namibië.
Donderdag 1 September om 08:00 is die “regte ras vir die regte rede” praktiese bespreking in die ring en word aangebied deur Bonsmara Nambië. Om 14:00 is die Namibia Livestock Auctioneers (NLA) ooiveiling.
Vrydag 2 September om 10:00 vind ie NLA ramveiling plaas.