In die hartjie van die Swartland vier die grootste landbouskou in die Wes- en Suid-Kaap vanjaar sy 90ste bestaansjaar met ‘n program vir die hele gesin. Swartlandskou Moorreesburg sal van Woensdag 4 tot Saterdag 7 September 2024 die beste uit dié geweste aan 20 000 besoekers bekendstel. Die skou, met Afgri as ankerborg, is bekend vir top-perde, -beeste, -skape en -pluimvee, asook ‘n masjinerie-uitstalling van R230 miljoen.
Vir meer inligting, besoek https://www.swartlandskou.co.za/