Previous
Next

Laai Geleenthedee

Veiling: Koop ’n uitmuntende plaas by Swellendam

24 Julie 2020

VERKOOP! VEILING GEKANSELLEER

’n Uitmuntende plaas naby Swellendam word op 24 Julie om 12:00 namens die trustees van die Vorentoe-trust per openbare veiling aangebied.
Die eiendom bestaan uit twee gedeeltes wat sowat 99 ha in totaal beslaan en word as ’n eenheid opgeveil.

‘n Besondere aspek van die plaas is dat die 99 ha ingelys is onder die Buffeljagsrivierdam, met voorsiening per jaar van 6 100m³/ha, dus 603 000 m³.

Die uitstekende potensiaal van die plaas as sitrus- en steenvrugteboerdery word bevestig in Technifarm se grondverslag, wat op www.vanrensburgsauctions.co.za beskikbaar is. Die plaas word tans as ’n intensiewe melkboerdery bedryf.

Talle verbeteringe is aan die plaas aangebring. Dit sluit onder meer in ’n drieslaapkamer-hoofwoonhuis, ’n eenslaapkamerwoonstel, koelkamer, stoor van sowat 460 m², werkswinkel en melkstal van sowat 195 m², met ’n 14-punt oorswaai-DeLaval-melkmasjien.

Die huidige melkkwota is 145 000 liter per maand aan Lactalis en 350 koeie kan met gemak gemelk word. Daar is ook ’n 15 ton-voersilo en vier personeelhuise.

Die veiling vind plaas by die bekende Rolandale-padstal, aangrensend aan die N2 tussen Buffeljagsrivier en Swellendam. Mnr. Louis van Rensburg, die afslaer, kan gekontak word by 0833 777 232 vir nog inligting.

Deel die geleentheid

  • Hierdie geleentheid is al verby

Besonderhede

Datum:
24 Julie 2020
Tyd:
12:00 - 13:00
Kategorie:
Webwerf:
https://vanrensburgsauctions.co.za/