Laai Geleenthedee

Internasionale Wagyu-konferensie(virtueel)

10 November 2020 - 12 November 2020

’n Internasionale kongres oor die Wagyu-beesbedryf word van 10-12 November aanlyn deur Suid-Afrika gehou. Dié stap is nodig weens die beperkings wat die Covid-19-pandemie op internasionale reise plaas. Verskeie kenners van die Wagyu, ’n Japannese beesras wat bekend is om sy uitsonderlik sappige vleis met sy hoë mate van tussenspierse vet (marmering), gaan lesings aanbied.

Belangstellendes wat die kongres aanlyn wil bywoon of die volledige program wil bekom, kan e-pos stuur aan events@landbou.com. Die koste beloop R1 500 vir Suider-Afrikaanse besoekers. Die konferensie word op die betrokke drie dae saans van 19:00 tot 22:00 aangebied.

Deel die geleentheid

1618755
DD
dae
HH
ure
MM
min
SS
sek

Besonderhede

Begin:
10 November @ 19:00
Einde:
12 November @ 21:00
Koste:
R1500
Kategorie:
Webtuiste:
https://www.netwerk24.com/landbou/Bedrywe/Diere/wagyu-kongres-aanlyn-gehou-20201006