Week van Geleenthede
Opleiding: Sampioenverbouing
Sampioenverbouing vir verskaffing aan gespesialiseerde voedselverspreiders. Kontak registration@mushroomacademy.com per e-pos vir meer inligting.
Fruit Logistica-handelskou
Fruit Logistica spog weer die jaar met sy jaarlikse handelskou waar uitstallers van 86 lande hul volle besigheidspotensiaal binne die internasionale varsproduktehandel kan verwesenlik. Kontak fruitlogistica@messe-berlin.de per e-pos vir meer inligting.
Heidelberg-skou
Heidelberg se jaarlikse skou verteenwoordig verskillende kategorieë van landbou, sowel as besighede en die gemeenskap van binne en buite die dorp. Kontak Sarah Koch by 082 725 4091 of per e-pos sarahs.val@gmail.com, vir meer inligting.
Victoria-Wes-skou
Jaarlikse skou by Victoria-Wes. Victoria-Wes se landbougenootskapskou vind hierdie jaar plaas op 10-11 Februarie 2023. Kontak Hanlerie Esterhuinzen by 084 704 6077 of per e-pos vicweslandbou@gmail.com, vir meer inligting.
Drakensberger-beestelersgenootskap: Studiegroep
Drakensberger-genootskap bied weer die jaar sy jaarlikse studiegroep aan. Kontak Chrosto Nel by 072 545 3180 of per e-pos christonel36@gmail.com vir meer inligting.