Week van Geleenthede
Oos-Kaap-boeredag
Aangebied deur Winston Land & Cattle Co. op die plaas Winston, Port Alfred. Tema: Progressive Farming for the Cattleman. Sprekers: Rowan Stretton, Frits van Oudtshoorn en dr. Tom Strydom.
Victoria-Wes-wildsfees & Duiwe Fly-Inn
KOM HOU SAAM WILDSFEES EN KUIER SAAM MET DIE KAROO EN SY MENSE Victoria-Wes-wildsfees is ‘n unieke fondsinsamelingsprojek deur die gemeenskap vir die gemeenskap. Die wildsfeesfonds word bestuur deur die KVB-gemeenskapsfondstrust, wat grootliks ondersteuning bied aan die plaaslike ouetehuis, Huis Frieda Kempen, asook die plaaslike privaat laerskool, Elior Akademie.
Familieboerdery-meesterklas
Landbouweekblad se Familieboerdery-meesterklas, aangebied deur Theo Vorster van Galileo Capital. Hierdie werksessie is geskoei op die topverkoperboek Suksesvolle Familieboerderye in Suid-Afrika, waar die ooreenkomste tussen van Suid-Afrika se voorste familieboerderye geïdentifiseer en bespreek word. Kaartjies beskikbaar op quicket.co.za (soek Landbouweekblad).
Royal Dormer- aanlyn veiling
Aanbod: 5 SP-Dormerramme; 15 SP-Dormerooie; 20 semenstrooitjies. Besigtiging in Bloemfontein. Aanlyn veiling, aangebied deur Meerkat aanlyn veilings.
Boeremusiekfees
Boeremusiekfees, aangebied deur die Naboomspruit-Vrouelandbou-unie, in samewerking met die bestuur van die Olifant Oase. Die dag skop om 09:00 af met verskeie boeremusiekorkeste wat deur die dag en aand gaan optree, asook stalletjies, eet- en drinkgoed en ander aktiwiteite. Die Vrouelandbou-unie van Naboomspruit sal vir aandete 'n heerlike bord boerekos om 17:00 (R150 p.p) bedien. […]