

Woon LBW se webinaar oor aartappelproduksie by
Landbouweekblad, Aartappels Suid-Afrika, Syngenta en Real IPM bied die eerste aanlyn kortkursus oor aartappelproduksie aan.
Prof. Jacquie van der Waals en prof. Martin Steyn gaan hul kennis oordra in drie sessies van 90 minute elk. Die kursus is so ingerig dat enige produsent of bestuurder praktiese raad en wenke kan kry wat in die boerdery toegepas kan word en kan help met voorkomende praktyke, die vroeë identifikasie van siektes en die doeltreffende bestuur van verskeie produksiepraktyke. Daar is ook tyd vir vrae en interaksie met die aanbieders.
Elke kursusganger ontvang ook ’n digitale kurrikulum, geborg deur Real IPM, wat as ’n hulpmiddel in die landerye gebruik kan word om siektes te identifiseer en praktiese besluite te neem. Kursusgangers gaan ook ingesluit word in ’n studiegroep waarby die aanbieders deurlopend betrokke is.
Plek: Aanlyn op Crowdcast.
Koste: R100 per sessie.
Besprekings: Koop kaartjies aanlyn op Quicket.
Navrae oor kaartjies: Clint.Ockhuis@media24.com
Navrae oor program: Johan.vanderMerwe@landbou.com
Borge: Syngenta; Real IPM
Vennote: Aartappels Suid-Afrika; Landbouweekblad
18 Augustus 2020
(Sessie 2 – Poeierskurf)
Inligting
Datum: Dinsdag 18 Augustus 2020
Die webinaar sal vir 72 uur beskikbaar wees.
Tyd: 13:50 vir 14:00
Kaartjies: https://qkt.io/2PhpOm
Program
Poeierskurf is ’n voorkombare siekte wat talle boere baie geld kos. Prof. Jacquie van der Waals sal al die stadiums bespreek waarin die regte bestuursaksies produsente duisende rande kan bespaar as verliese weens die siekte beperk kan word. Poeierskurf kom dikwels weens oornat toestande voor en daarom sal prof. Martin Steyn se kursus oor waterbestuur vir gesonde plante goed aansluit by die sessie oor die bestuur van poeierskurf.
13:50
Registrasie
14:00
Opening en verwelkoming
14:10
Poeierskurf
Prof. Jacquie van der Waals, Universiteit van Pretoria
14:40
Waterbestuur vir gesonde plante
Prof. Martin Steyn, Universiteit van Pretoria
15:40
Vrae en afsluiting