Previous slide
Next slide

Laai Geleenthedee

Woon LBW se webinaar oor aartappelproduksie by

25 Augustus 2020

Landbouweekblad, Aartappels Suid-Afrika, Syngenta en Real IPM bied die eerste aanlyn kortkursus oor aartappelproduksie aan.

Prof. Jacquie van der Waals en prof. Martin Steyn gaan hul kennis oordra in drie sessies van 90 minute elk. Die kursus is so ingerig dat enige produsent of bestuurder praktiese raad en wenke kan kry wat in die boerdery toegepas kan word en kan help met voorkomende praktyke, die vroeë identifikasie van siektes en die doeltreffende bestuur van verskeie produksiepraktyke. Daar is ook tyd vir vrae en interaksie met die aanbieders.

Elke kursusganger ontvang ook ’n digitale kurrikulum, geborg deur Real IPM, wat as ’n hulpmiddel in die landerye gebruik kan word om siektes te identifiseer en praktiese besluite te neem. Kursusgangers gaan ook ingesluit word in ’n studiegroep waarby die aanbieders deurlopend betrokke is.

Plek: Aanlyn op Crowdcast.

Koste: R100 per sessie.

Besprekings: Koop kaartjies aanlyn op Quicket.

Navrae oor kaartjies: Clint.Ockhuis@media24.com

Navrae oor program: Johan.vanderMerwe@landbou.com

Borge: Syngenta; Real IPM

Vennote: Aartappels Suid-Afrika; Landbouweekblad

25 Augustus 2020

(Sessie 3 – Rhizoctonia)

Inligting

Datum: Dinsdag 25 Augustus 2020

Die webinaar sal vir 72 uur beskikbaar wees.

Tyd: 13:50 vir 14:00

Kaartjies: https://qkt.io/5iLqr0

Program

Omdat Rhizoctonia solani (swartskurf) taamlik doeltreffend met biologiese middels bestry kan word en die sukses van die middels afhanklik is van volgehoue goeie bestuur in die landerye, is die gereedskap wat prof. Jacquie van der Waals in hierdie kursus aanbied, noodsaaklik. Besproeiingskedulering is ook ’n funksie van intensiewe bestuur en sluit dus aan by die bestuur van swartskurf. Prof. Martin Steyn sal raad gee oor skedulering, maar ook die skeduleringshulpbronne en tegnologie wat beskikbaar is, bespreek.

13:50

Registrasie

14:00

Opening en verwelkoming

14:10

Swartskurf (Rhizoctonia)

Prof. Jacquie van der Waals, Universiteit van Pretoria

14:40

Skedulering van besproeiing

Prof. Martin Steyn, Universiteit van Pretoria

15:40

Vrae en afsluiting

Deel die geleentheid

  • Hierdie geleentheid is al verby

Besonderhede

Datum:
25 Augustus 2020
Tyd:
14:00 - 16:00
Koste:
R100
Kategorie:
Webwerf:
https://qkt.io/5iLqr0