Previous slide
Next slide

Laai Geleenthedee

Woon LBW se webinaar oor aartappelproduksie by

11 Augustus 2020

Landbouweekblad, Aartappels Suid-Afrika, Syngenta en Real IPM bied die eerste aanlyn kortkursus oor aartappelproduksie aan.

Prof. Jacquie van der Waals en prof. Martin Steyn gaan hul kennis oordra in drie sessies van 90 minute elk. Die kursus is so ingerig dat enige produsent of bestuurder praktiese raad en wenke kan kry wat in die boerdery toegepas kan word en kan help met voorkomende praktyke, die vroeë identifikasie van siektes en die doeltreffende bestuur van verskeie produksiepraktyke. Daar is ook tyd vir vrae en interaksie met die aanbieders.

Elke kursusganger ontvang ook ’n digitale kurrikulum, geborg deur Real IPM, wat as ’n hulpmiddel in die landerye gebruik kan word om siektes te identifiseer en praktiese besluite te neem. Kursusgangers gaan ook ingesluit word in ’n studiegroep waarby die aanbieders deurlopend betrokke is.

Plek: Aanlyn op Crowdcast.

Koste: R100 per sessie.

Besprekings: Koop kaartjies aanlyn op Quicket.

Navrae oor kaartjies: Clint.Ockhuis@media24.com

Navrae oor program: Johan.vanderMerwe@landbou.com

Borge: Syngenta; Real IPM

Vennote: Aartappels Suid-Afrika; Landbouweekblad

11 Augustus 2020

(Sessie 1 – Alternaria)

Inligting

Datum: Dinsdag 11 Augustus 2020

Die webinaar sal vir 72 uur beskikbaar wees.

Tyd: 13:50 vir 14:00

Kaartjies: https://qkt.io/na4YiC

Program

In hierdie sessie sal prof. Jacquie van der Waals jou leer van Alternaria alternata, die oorsaak van malroes, en Alternaria solani, die patogeen wat vroeë-oes veroorsaak. Dit kom gereeld voor wanneer aartappels plantstres ervaar of wanneer dit te geil groei. Prof. Jacquie sal bruikbare hulpmiddels en bestuurspraktyke gee oor hoe om die siektes te voorkom.

Prof. Martin Steyn gaan jou leer hoe om nat-, hitte- en droogtestres by jou aartappels te voorkom in sy kursus oor besproeiingsbeginsels.

Mnr. Francois van Deventer gaan meer lig werp op Phytophthora infestans, wat laatroes veroorsaak. Hierdie oomiseet, wat floreer in koel en klam omstandighede, kan groot skade aanrig. Francois sal praktiese hulpmiddels verskaf oor hoe om skade tot die minimum te beperk.

13:50

Registrasie

14:00

Opening en verwelkoming

14:10

Vroeëroes en malroes

Prof. Jacquie van der Waals, Universiteit van Pretoria

14:40

Beginsels van waterbestuur

Prof. Martin Steyn, Universiteit van Pretoria

15:10

Laatroes

Francois van Deventer, Syngenta

15:40

Vrae en afsluiting

Deel die geleentheid

  • Hierdie geleentheid is al verby

Besonderhede

Datum:
11 Augustus 2020
Tyd:
13:00 - 15:00
Koste:
R100
Kategorie:
Webwerf:
https://qkt.io/na4YiC