
April 2022
Betereinders-hulpdag
6 April @ 10:00 - 17:00
Daar is min dinge wat Suid-Afrikaners meer polariseer as kwessies rondom grondhervorming en vervalle infrastruktuur. Dit is geweldige emosionele onderwerpe en word deur opportuniste aan albei kante van die politieke spektrum uitgebuit. Betereinders en Laeveld Agrochem is moeg vir hierdie vinger-wys en die sleg-sê redenasies wat in die land heers. Ons wil graag 'n ander storie vertel. Een van samewerking in die landbousektor. 'n Storie waar verskillende rasse saamkom en eienaarskap vat van hul dorpe en self die slaggate regmaak.…
Vind meer uit »